Lede van die provinsiale personeeldienste, korporatiewe kommunikasie en menslike hulpbronbenutting in die Noord-Kaap, vergesel deur lede van Galeshewe en Roodepan-polisiestasies, is tans besig met ‘n werwingsveldtog.
Die lede is vandag 3 Oktober 2019 in die strate van Galeshewe en Roodepan besig om die gemeenskap, spesifiek die jeug, tydens die werwingsproses te teiken.
Kol. Mashay Gamieldien, woordvoerder van die polisie, sê: “Die polisie is op soek na jong en energieke mense wat bereid is om hul land te dien deur die inwoners van Suid-Afrika sowel as hul eiendom te beskerm. Enige persoon tussen die ouderdom van 18 – 30 met geen kriminele rekords is welkom om aansoek te doen.”






