KIMBERLEY. – Die span van Riverton het vanoggend begin om die 965 mm-pyp te sny, om dit aan die nuwe pompstasie te koppel.
Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê hulle het ook die oorskakeling van die elektrisiteitsvoorsiening om die nuwe stasie te laat werk, gedoen. “’n Ander span is ook besig met herstelwerk by Midlands, Roodepan.”
Daar word tans aan nege gebiede aandag gegee. “Die gebied is geneig tot lekkasies, hoofsaaklik as gevolg van die elektrisiteitstroom vanaf die verbygaande trein wat die spoorlyn gebruik.
“Tot dusvêr is die vordering volgens skedule. Ons vra om verskoning vir die ongerief en sal voortgaan om gereelde terugvoering te lewer.”






