19 verdagtes op Bloemhof gevang

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMHOF – Die polisie in die Noord-Wes het 19 verdagtes tussen die ouderdomme van 19 en 50 vir verskeie oortredings, onder ander openbare geweld, in hegtenis geneem.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder vir die polisie in die provinsie, sê dit volg ná maande se intensiewe ondersoek na voorvalle van openbare geweld vroeër vanjaar in Boitumelong naby Bloemhof aangemeld is. 

Die verdagtes, wat drie vroue insluit, is in verskillende gebiede in Bloemhof vir aanranding met die opset om ernstig te beseer, ontvoering, huisroof, moord, beskadiging van eiendom en openbare geweld in hegtenis geneem.

Mokgwabone sê in een van die voorvalle het op Maandag 24 Junie 2019 in die Boitumelong-nedersetting plaasgevind. ‘n 18-Jarige man is in die hospitaal opgeneem nadat hy erg aangerand is. Hy is later in die hospitaal oorlede en ‘n saak van moord is geregistreer.

’n Aantal verdagtes sal na verwagting teregstaan vir die geweld wat in Maart op die Boitumelong-sportterrein uitgebreek het toe die premier van die Noord-Wes die gemeenskap oor hulle bekommernis sou aanspreek.

Die beskuldigdes het vandag in die Bloemhof-landdroshof verskyn.

Lede van die gemeenskap word versoek om kalm te bly en hulle te weerhou van onwettige en kriminele dade, soos die versperring van paaie, aangesien dit nie geduld kan word nie, sê Mokgwabone.