Moenie vreemdelinge oplaai nie!

Deel hierdie storie / Share this story

POSTMASBURG. – Die gemeenskap word gewaarsku om nie te ryloop (hitchhike) of om vreemdelinge op te laai nie, wat dit kan hulle lewens in gevaar stel.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê ’n paar gevalle is reeds gerapporteer waar die slagoffers niksvermoedend mense oplaai en dan gedwing word om na ‘n veld te ry. “Hier word hulle gedwing om vir hulle geld deur EFT oor te betaal. In ander gevalle is die slagoffers met messe gedwing om hulle bankkaarte en PIN-nommers vir hulle te gee.”

Die polisie doen ’n beroep op motoriste om nie vreemdelinge op te laai of om in afgeleë gebiede te rus nie, maar om eerder na ’n vulstasie of veilige gebied waar mense is, te ry.