Absa-werker verskyn op 6041 aanklagte van bedrog

SASOLBURG – Violet Mohlatsi (40), ’n voormalige werker by Absa-bank op Sasolburg, het in die plaaslike streekhof op aanklag van geldwassery, bedrog en diefstal verskyn.

A.o. Lynda Steyn, woordvoerder vir die Vrystaatse polisie, sê Mohlatsi is in hegtenis geneem nadat die Valke klagtes ondersoek het van onregmatige onttrekkings van klante wat sedert Junie 2017 gemaak is. 

Die ondersoek het gevind dat Mohlatsie na bewering 10 klante se bankkaarte gedupliseer het om die onregmatige onttrekking van ’n totaal van R118 000 moontlik te maak. 

Die beskuldigde is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Die hofsaak is tot 11 Oktober uitgestel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: