September 16, 2021

Skool hou troosdiens vir oorlede leerder

KIMBERLEY. – Hoërskool Adamantia het vanoggend ’n oomblik van stilte vir Ram Ertzen (19), die gr.10-leerder wat die naweek skielik gesterf het, gehou.

Baie gewild

André de Kock, dié skool se hoof, sê alhoewel Ram redelik ver van die skool gewoon het, was hy steeds meeste van die dae betyds. “Hy was altyd netjies geklee en was ’n baie stil leerder. Hy was baie gewild onder die leerders.”

Rugby

Hy sê Ram het ook uitgeblink in rugby en het vir Adamantia as vleuel vir die eerstespan uitgedraf. “In sy laaste wedstryd van die seisoen, tydens die finaal van die liga, was hy een van die uitblinkers.

Oomblik van stilte

“Baie leerders is getraumatiseerd oor sy skielike afsterwe. ’n Oomblik van stilte is vanoggend by die skool vir Ram gehou. Ons het gereël dat ’n berader ook vandag met die leerders kom gesels.”

Dié skool sal Vrydag ’n troosdiens vir Ram by die skool hou.

“Die skool eer sy nagedagtenis,” sê De Kock.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *