BRITS – Onthatile Samuel Mogapi, ’n 12-jarige seun van Damonsville naby Brits, wat verlede week Sondag vermis geraak het, se liggaam is in ’n dam gevind.
Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder vir die polisie in die Noord-Wes, het bevestig dat Onthatile se liggaam op Vrydag 27 September deur die polisie se duikeenheid uit die Damonsvilledam gehaal is.
’n Nadoodse dossier is oopgemaak omdat hy aan onnatuurlike oorsake dood is.
Enigeen met inligting kan vir konst. Ndubane, die ondersoekbeampte, by 082 546 0382 skakel.
Die ondersoek duur voort, sê Myburgh.



