RITCHIE – ’n Gemeenskapsvergadering om griewe in die gemeenskap te bespreek, is om 17:00 gistermiddag op Ritchie gehou.
’n Gemeenskapslid wat homself as kader Metsi op ’n video van die vergadering identifiseer het, sê genoeg is genoeg. Die dorp kan nie verder as ’n voorwerp vir korrupsie gebruik word nie.
Premier en burgemeester daag nie op by vergadering om griewe te bespreek nie
Metsie sê die gemeenskap kan nie toelaat dat projekte wanbestuur word en half gedoen word en dan word die helfte van die geld wat begroot is, verduister. Die begroting is die gemeenskap se begroting.
Hy sê die projek is nie in die belange van die gemeenskap nie. Dit sien nie om na die behoeftes van die gemeenskap nie.
R49 miljoen begroting moet vir gemeenskap bestem word
Metsie maan dat die begroting van R49 miljoen vir die gemeenskap gebruik moet word. Hy sê die gemeenskap moet elektrisiteit kry, hulle benodig sypaadjies en huise en sportsfasiliteite moet gebou word.
Indien hulle die begroting nie daarvoor gebruik nie, moet hulle dit terughou of elders gebruik, sê Metsie.
Begroting vir gemeenskap of tesourie moet geld terugvat
“Ons sal ’n beroep doen op die tesourier om die geld terug te vat. Indien die owerhede van die provinsie nie luister nie, gaan hulle dit voel. Ons agenda is nie persoonlik nie, maar handel oor dienslewering.”
Kader Mguye sê hulle het ’n oproep van die burgemeesterskantoor van Sol Plaatje-munisipaliteit gekry wat versoek het dat hy met die burgemeester en hoofdirekteur van openbare werke vergader.
Lede van die gemeenskap het gesê Ritchie het nie raadslede nie en niemand gaan Kimberley toe nie. Hulle maan die premier, burgemeester en hoof-direkteur van openbare werke om na die gemeenskap van Ritchie te gaan om na hulle griewe te luister.
Premierskantoor weier glo om memorandum te ontvang
Mguye sê hulle sukkel ’n geruime tyd om ’n memorandum aan die premier van die Noord-Kaap by die premierskantoor in Kimberley af te gee. Hy sê niemand by die premierskantoor wil dit aanvaar nie.
“So lief soos ons die ANC het, kan ons nie toelaat dan individue verryk word nie. Ek respekteer Zamani Saul, maar ek is teleurgesteld oor die beloftes wat die premier met sy nuwe kabinet gemaak het.”
Korrupsie oorsaak van protesaksie
“Probleme met korrupsie op Ritchie is wat die gemeenskap tot hier gelei het. Indien Saul ernstig was oor die beveg van korrupsie sou hy hier gewees het,” sê Mguye.
Protesaksie kan deurnag voortduur
Kader Conney sê: “Ons het genoeg gepraat, ons gaan nie slaap nie, ons gaan deurnag tot more toi-toi. Colville se mense het net een dag getoi-toi toe was premier Zamani Saul daar.”
’n Lid van die gemeenskap sê hulle gaan nou “regeer” totdat die premier besluit om na hulle te kom luister. “Wanneer hulle ons stem nodig het, dan is ons goed genoeg,” sê sy.
“Ons sal die N12 sluit,” sê nog ’n inwoner.
Protesaksie het twee weke gelede begin
Find iT het in verlerde week berig oor die redes vir die opstandigheid van inwoners daar.
Bonsile Makhamba, die raadslid van wyk 26, sê die protesaksie is as gevolg van ongelukkigheid oor die aanstellings van kontrakteurs en sub-kontrakteurs vir die padprojek. “In Junie is ’n vergadering gehou waartydens 31 besighede moes kies watter se kontrakteurs die werk gaan kry. Almal het die dokumente ontvang wat teen ’n sekere datum ingedien moes word, maar net 11 besighede het hulle dokumente ingedien.”
Lees ons vorige berig, Protesaksie op Ritchie.





