Munisipale gebou brand na protesaksie op Ritchie

Deel hierdie storie / Share this story

RITCHIE – Skote het vanoggend na bewering op Ritchie geklap nadat inwoners oor griewe oor korrupsie die N12 met protesaksie tot stilstand wou bring.

Lede van die gemeenskap het bande gebrand op die pad tussen Motswedimosa en Modderrivier.

In ’n video wat aan FiND iT gestuur is, sê ’n inwoner die polisie het hulle beveel om die pad oop te maak of daar sal op hulle geskiet word.

Na bewering is die munisipale gebou ook aan die brand gesteek.

FiND iT het navrae by die Kimberley-polisie ingedien, maar het nie betyds vir publikasie terugvoering ontvang nie.

Lees ons vorige berig, Begroting moet vir huise gaan maan Ritchie-inwoners.