KIMBERLEY. – ’n Eenjarige bruin-en-wit bull terrier (varkhond) word sedert gisteraand vermis.
Susan Botes, die hond se eienaar, sê Dirkie het gisteraand uit die erf in Hadison Park gekom. “Ek kry hom nêrens nie en het die strate op en af deursoek. Ek het tot in Carters Glen gaan soek. Ek is siek van bekommernis.”
Sy sê hy is ’n baie vriendelike hond.
Dirkie het nie ’n bandjie om sy nek nie, maar indien iemand hom sien, kontak asseblief vir Susan by 060 500 6781.





