Seun (12) sedert Sondag vermis

Deel hierdie storie / Share this story

BRITS – Onthatile Samuel Mogapi, ’n 12-jarige seun van Damonsville naby Brits, is sedert Sondag vermis.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder vir die polisie in die Noord-Wes, sê Onthatile is laas omstreeks 18:00 op 22 September deur sy vriende by die Damonsville-sportvelde gesien waar hy sokker gespeel het.

Die vermiste seun is ’n graad-4 leerder aan Laerskool IB Damon’s. Hy het ‘n medium gelaatskleur en kort hare.

Onthatile het ’n geel en groen gestreepte T-hemp en ’n kamoefleerkortbroek aangehad.  

Die polisie rig ‘n versoek tot enigeen met inligting wat kan help om Onthatile op te spoor om vir konst. Ndubane, die ondersoekbeampte, by 082 546 0382 te skakel.