KIMBERLEY. – Gavin Swartz, ’n Gr. 9-leerder van die Hoërskool Noord-Kaap is gekies om die fokusweek en prysuitdeling van die South African Agency for Science and Technology (SAASTA) van 22 tot 27 September 2019 in Pretoria by te woon.
SAASTA is ’n afdeling van die National Research Foundation (NRF) en is die leidende wetenskapbevorderingsagentskap in Suid-Afrika. Dit het ten doel om die waarde en impak van wetenskap, tegnologie en innovering te bevorder en oor te dra in ‘n dinamiese kennisomgewing. Dit streef ook daarna om ‘n betekenisvolle bydrae te lewer om ‘n menslikehulpbron-databasis vir wetenskap, ingenieurswese en tegnologie te vestig.
Gavin het aan SAASTA se jaarlikse nasionale natuurwetenskap-olimpiade deelgeneem en is as gevolg van sy uitslae gekies om hierdie gesogte geleentheid by te woon.



