R100 000 se dagga op erf opgegrawe

Deel hierdie storie / Share this story

PORT NOLLOTH – ’n Man (36) van Sizamele-nedersetting in Port Nolloth is in hegtenis geneem nadat hy in besit van R100 000 se dagga gevind was.

Olebogend Tawana, woordvoerder vir die Noord-Kaapse polisie, sê die polisie het op inligting van dwelmhandel by ’n erf in Sizamele-nedersetting reageer. 

Polisiebeamptes het dagga wat onder die grond geberg was opgegrawe. ’n Onbekende som geld is beslag op gelê. 

Die verdagte gaan binnekort in die Port Nolloth-landdroshof verskyn.