Belastingbetalers teen staking Vrydag gewaarsku

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – Belastingbetalers word gewaarsku om transaksies twee dae voor die beplande staking deur bankwerkers te doen.

So sê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in afwagting van die protesaksie deur werkers in die bankbedryf wat vir 27 September beplan word. 

Volgens ’n persverklaring deur SAID kan belastingbetalings en belastingterugbetalings affekteer word.

SAID wil verseker dat die impak van die staking op hierdie transaksies vir die belastingbetaler asook vir SAID tot die minimum beperk word. 

Belastingbetalers word aangemoedig om hul betalings en enige belastingtransaksies aan die SAID twee werksdae vooruit te doen.