GALESHEWE – ’n Man en ’n vrou is in twee voorvalle in Galeshewe, Kimberley, vir die handeldryf in dwelms in hegtenis geneem.
Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder vir die Galeshewe-polisie, sê ’n 34-jarige man van Chakastraat, in Galeshewe, wat in besit van Mandrax gevind is, is in hegtenis geneem.
Dit kom tydens ’n ontwrigtende klopjag deur die polisie wat oor die naweek gehou is.
Tawana sê ’n vrou in haar laat dertigs, van Bechwanastraat in Galeshwe, is ook in hegtenis geneem, nadat sy in besit van ses sakkies metamfetamienkristalle gevind was.
Albei verdagtes gaan binnekort in die Galeshewe-landdroshof verskyn.






