KIMBERLEY. – Die Sol Plaatje-munisipaliteit het ‘n dringende persverklaring uitgereik oor die water wat hier gaan af wees.
Sello Matsie, woordvoerder, sê twee pomplyne by Riverton-pompstasie sal vanaf Donderdagaand tot Saterdagmiddag dreineer word.
“Die elektriese oorskakeling van die tweede transformator, sowel as ander elektriese werke, sal gedoen word.”
Matsie het verduidelik die watertoevoer na Kimberley sal beperk word tot ± 400ℓ / s. Die aansluiting van die DN900-pomplyn sal begin sodra die twee pomplyne gedreineer is. Die res van die werk sal dan plaasvind.
“Ons beveel aan dat inwoners voldoende water opgaar vir wanneer die watertoevoer beperk word. Dit is deel van die opgradering van ons infrastruktuur. Ons vra om verskoning vir die ongerief.”


