Gesteelde goedere aan skool terugbesorg

Deel hierdie storie / Share this story

UPINGTON – Augrabiese polisiebeamptes het ‘n deurbraak gemaak nadat hulle gesteelde goedere. wat tydens ‘n inbraak by een van die skole in die omgewing gesteel is, opgespoor het.

Sers. Omphile Masegela, woordvoerder vir die Upington-polisie, sê die polisie het op 22 Septemeber op inligting reageer. Verskeie gesteelde goedere onder andere skootrekenaars, tabletrekenaars en ander rekenaarbybehore ter waarde van R196 000 is aan die skool terugbesorg.

Brig. Johnny Besnaar, bevelvoerder van die ZF Mcgawu-distrik, het die beamptes, onder leiding van sers. Michael Kamfer, vir hulle uitmuntende dienslewering bedank.