KIMBERLEY – Die eerste benoeming vir hierdie week se Slaggat van die Week is Hole-y Avenue. Hole-y Avenue, wat uit meer as een gat bestaan, is in Solomonstraat in Herlear. Die benoeming is deur Madelien Botes ingestuur.
Botes sê Solomonstraat is ’n gat-hemel: “Ongeveer vyf jaar gelede het Sol in ‘n kwessie van ses maande drie lekkasies in ons straat kom regmaak en nooit sedertdien weer die gate kom opvul nie.”
Die gate is ongeveer 2,4m x 5,4m, 4,6m x 4,5m en 4,7 x 3,9m groot.
Kan jy vir FiND iT die grootste gat van die week aanwys? FiND iT plant nou sy bord langs die gat van die week, sodat ons kan sien watter gat die wenner is.
Om deel te neem, stuur ’n e-pos na [email protected] met ’n foto, die grootte van die gat (cm x cm), waar hy geleë is en wat jy hom noem.






