KIMBERLEY – FiND iT het vandag ons tweede Gat van die Week aangekondig en ons bord langs die gat geplant.
“Woodburne en Main” is ons wenner vir hierdie week en hulle woon op die hoek van Woodburne-en Mainstraat. Een van hierdie gate is so groot, dat gras al in hom begin groei het. Die ander gat versper ’n gedeelte van die draai.
Kan jy vir FiND iT die grootste gat van die week aanwys? Om deel te neem, stuur ’n e-pos na [email protected] met ’n foto, die grootte van die gat (cm x cm), waar hy geleë is en wat jy hom noem.








