Man (22) met R27 500 se dagga gevang

Deel hierdie storie / Share this story

KAKAMAS – ’n Onbekende man (22) is by ’n padblokkade op die N14 tussen Kakamas en Keimoes vir die besit van 5.45 kg se dagga in hegtenis geneem.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder vir die polisie, sê die verdagte se voertuig is gestop en deursoek. Beamptes het ’n blou sak met vyf pakkies dagga ontdek en die verdagte is in hegtenis geneem. Die man was na bewering vanaf Upington na Kakamas met die dagga onderweg.

Kock sê die verdagte gaan binnekort in die landdroshof op Kakamas vir die besit van dagga verskyn. Die ondersoek duur voort.