August 5, 2021

Waterdruk ’n kopseer vir Kimberley-inwoners

Onvoltooide wateraanleg by Newton-opgaardam.

KIMBERLEY – ’n Gesin van Barnatostraat in Hadison Park sukkel sedert verlede maand met lae waterdruk nadat die watertoevoer in Kimberley gesny was.

Cobus Becker, ’n inwoner hier, sê elke aand is ’n resies om goed voor 19:00 gedoen te kry voordat die water saans gesny word. Hy sê die waterdruk is te swak om ’n wasmasjien of skottelgoedwasser te gebruik. 

Becker sê hy moet vroegoggend vir werk gereed maak, maar met die swak watterdruk is dit onmoontlik.

Sello Matsie, woordvoerder vir die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê water word nog saans tussen 20:00 en 05:00 gesny. Dit sal voortaan gedoen word totdat Newton-opgaardam ’n kapasiteit van 261 miljoen liter bereik het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *