Agtjarige pleitverduideliking verskil van Ninow s’n

Deel hierdie storie / Share this story

*Nie vir sensitiewe lesers en nie vir kinders bedoel nie.

PRETORIA. – Nicholas Ninow, wat bekend staan as die “Dros-verkragter”, is al sedert 9 September 2019 in die hof hier vir sy verhoor. Hy is in die hooggeregshof skuldig bevind.

Ninow het verlede week skuldig gepleit op twee aanklagte van verkragting, regsverydeling en die besit van dwelms.

Getuienis verwerp

Maroela Media berig regter Mokhine Mosopa aanvaar nie Ninow se getuienis nie, maar eerder die getuienis van die dogtertjie, wat nou agt jaar oud is.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgensgesag, sê Ninow se pleitverduideliking is verwerp, aangesien dit teenstrydig is met die weergawe van die klaer.

Ninow se getuienis

Maroela Media het berig Ninow het gesê hy het dae voor die voorval die dwelm CAT gebruik en het die dag van die voorval weer dwelms en alkohol gebruik. Hy het in die Dros naar gevoel en badkamer toe gegaan, met die doel om nog dwelms te gebruik. Hy het na die vrouebadkamer gegaan omdat hy bang was die restaurantbestuurder betrap hom.

Terwyl Ninow op die toilet gesit en dwelms gebruik het, het die meisie die toiletdeur oopgedruk en gesê sy wil die toilet gebruik.

Voorvonnisverrigtinge

Die saak is uitgestel tot 16 Oktober 2019 vir voorvonnisverrigtinge. Ninow bly in aanhouding tot sy volgende verhoor.

Lees die volledige berig van Maroela Media hier.