Ontmoet die Drie Susters – het jy ’n groter gat van die week?

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die eerste benoeming vir hierdie week se Slaggat van die Week is die “Drie Susters van Kimberley-Noord” en hulle woon in Duncan- en Tyburnstrate.

FiND iT het menige klagtes oor die Drie Susters ontvang. Een van hulle versper ’n baan in Tyburnstraat.

Kan jy vir FiND iT die grootste gat van die week aanwys? FiND iT plant nou sy bord langs die gat van die week, sodat ons kan sien watter gat die wenner is. Die grootste gat van die week word elke Vrydag om 15:00 aangekondig.

Om deel te neem, stuur ’n e-pos na [email protected] met ’n foto, die grootte van die gat (cm x cm), waar hy geleë is en wat jy hom noem.