Vermiste hond “aangeneem” na 24 uur

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Talle mense het hulle ongelukkigheid oor ’n hond, wat gevind is, maar reeds “aangeneem” is, op ’n Facebook-groep bekend gemaak.

Dié Jack Russel is Sondag op die N12 na Kaapstad, tussen Spytfontein en Boontjieskraal, opgetel.

Hond reeds aangeneem

Belinda Ruth Prinsloo, die stigter van Lost and Found Pets – Kimberley op Facebook, het ’n foto van hierdie hond op die blad geplaas met die hoop om die eienaar op te spoor. “Met verdere navraag oor die hond is dit onder ons aandag gebring dat die hond reeds ‘aangeneem’ en in Winsdsorton is.”

Dié hond was egter net 24 uur ná hy gevind is, weggegee, omdat die eienaars nie na vore gekom het nie.

Sosiale media

“Dit is iemand se hond en hoe gaan hulle voel as hulle uitvind die hond het reeds ’n ander huis gekry? Ongelukkig is daar maniere waarop honde uit die erf kan kom en in die geval waar ’n hond wegraak, gaan kyk die eienaars heel eerste by die DBV. Baie mense het nie Facebook nie, so hoe maak hulle wat nie die plasing op sosiale media sien nie?”

Dierebeskermingsvereniging

Sy sê die regte ding om te doen was om die hond DBV toe te vat. “Baie mense het ’n wanpersepsie oor die DBV en dink altyd hulle gaan die hond dadelik uitsit indien hy nie gehaal word nie, maar dit is nie die geval nie. Hulle adverteer ook die hond.”

Foto’s van jou diere

Sy sê ook hoe belangrik dit is om foto’s van jou diere te neem. “Ons het al gevalle gehad waar mense se diere vermis word, maar dan het hulle geen foto van die dier nie.