Wintershoek bied hierdie naweek ’n heerlike veiling aan, waar top diere opgeveil sal word.
Zambiese swartwitpens bulle en koeie, impalas, buffels, blesbokke, rooihartbeeste, baster gemsbokke, kameelperde en vele meer is op die program om opgeveil word.
Vir die volledige katalogus, klik hier.
“Die inligtingsegment wat beplan was vir voor die veiling, moes ongelukkig gekanselleer word. Nick Serfontein, hoofspreker van die dag. kon weens ’n onverwagse mediese prosedure nie meer die dag bywoon nie,” sê Lee Wright van Wintershoek. “Ons wens hom alle sterkte toe en sien uit om hom in die toekoms op Wintershoek te verwelkom. En dan natuurlik met die rugbywêreldbekertoernooi wat afskop, moes ons seker maak ons veiling pas net betyds in.”
Lee sê daar is ’n toep vir Apple en Android-handstukke beskikbaar. “Die toep maak dit moontlik dat jy tydens die veiling en ‘timed’ veiling kan bie. Die timed auction begin op 19 September 2019 om 08:00, so maak seker jy het die toep afgelaai.”

Die program vir Saterdag maak tot voorsiening vir rugby-liefhebbers wat die Springbok wedstryd teen Nieu-Seeland wil kyk.
Die program lyk so:
08:00 – 9:45 – Registrasie
10:00 – Veiling begin
11:45 – Rugby
14:00 – Musiek en vermaak Beeskraal.
Hier is ’n kort video wat jou touwys maak om die toep te gebruik.




