Prokureur kry 15 jaar vir diefstal van R30 miljoen

Deel hierdie storie / Share this story

BRITS – Gerard Jaques du Plessis (52), ’n toegelate prokureur van die hooggeregshof op Brits, is tot 15 jaar tronkstraf op 22 aanklagte vir bedrog van R30 miljoen in die hof vir kommersiële misdade, in Pretoria, gevonnis.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die polisie in die Noord-Wes, sê Du Plessis is na bewering in Februarie 2017 deur ’n mall op Brits aangestel om hulle munisipale rekening te bestuur.

Du Plessis het betalings wat vir die mall se munisipale rekening bestem was in sy eie sak gedruk. Hy het valse kwitansie daarvoor by die mall-bestuur ingedien.

Rikhotso sê die bedrog het waarskynlik geword nadat die munisipaliteit die mall se water en ligte gesny het.

Die beskuldigde is in Februarie 2018 in hegtenis geneem.  Hy is na verskeie verskynings in die hof op 22 aanklagte van diefstal skuldig bevind, sê Rikhotso.