BEACONSIELD – Inwoners van ’n laning in Brockmanplek, in Beaconsfield, Kimberley, is verlig omdat dit vandag skoon gemaak is.
Ockert Fourie, DA-wyksraadlid van wyk 25, sê dit voel so lekker wanneer daar lig aan die einde van die tonnel is.
Dit kom nadat inwoners hier vir ’n geruime tyd las het van rommelstooiers wat die laning bemors.
Fourie sê dit het meer as ’n gesmeek en gesoebat by die Sol Plaatje-munisipalteit gekos om dit moontlik te maak. Hy moes ’n amptenaar by die munisipaliteit gaan haal en die toneel uitwys om die werk gedoen te kry.
Die laning was ongenadiglik besoedel, sê Fourie. Die inwoners is baie dankbaar dit word skoon gemaak. FiND iT het vyf maande gelede met inwoners daar gesels wat oor die laning gekla het. Lees ons vorige artikel, Wonings in gedrang weens verstopte stormwaterdreine.









