SUID-AFRIKA – Bheke Cele, minister van die Suid-Afrikaanse polisie, het vandag die amptelike misdaadstatistieke vir die laaste jaar bekend gemaak.
Volgens die statistieke het die moord op vroue met 5.4% afgeneem, terwyl die moord op kinders toegeneem het. Moord het algeheel met 3.4% in Suid-Afrika gestyg.
Seksuele oortredings is op met 4.6%, maar seksuele aanranding het met 9.6% gestyg.
Plaasmoorde
In totaal was daar 47 plaasmoorde in 41 voorvalle in Suid-Afrika. Die meeste plaasmoorde het in KwaZulu-Natal plaasgevind – sewe moorde is daar aangeteken. Geen plaasmoorde is in die Noord-Kaap vir die periode aangeteken nie.
Merkwaardige veranderings in misdaadsyfers
Volgens die statistieke het bankrooftogte met 69.2% afgeneem.
Dwelmverwante misdade is met 28.1% af sedert dagga verlede jaar gewettig is. Lees ons vorige artikel, Jy mag nou wettiglik dagga rook!
Natuurverwante misdade
Ietermago-stropery het met 75% toegeneem, terwyl olifant- en renoster-stropery met 23% en 12% onderskeidelik afgeneem het.
Minister maak plan teen geslagsgebaseerde geweld
Cele het tydens sy toespraak by die voorleging van die misdaadstatistieke gesê meer vrouens gaan aangestel en opgelei word om sake van geslagsgebaseerde geweld te ondersoek.
Hulle het gehoor gegee aan president Ramaphosa om alle ou sake wat betrekking het op geslagsgebaseerde geweldsmisdade te heropen.
Die statistikus-generaal Risenga Maluleke het gesê die jaarlikse misdaadstatistieke is noukeurig nagegaan.










