Die job. Episode 18. Geskryf deur Eric R Kok

Deel hierdie storie / Share this story

Sy probeer loskom, maar Andries se hande draai net stywer om haar nek. Die hond vlieg om en begin kwaai te blaf.

Andries roep vir Boeta…

Jacob wat alreeds ongeduldig begin raak het, sê Boeta moet gaan kyk wat aangaan.

“Hey… Andries wat gaan nou aan? ” vra Boeta en draf nader. “Vat die sleutels by die vrou!” Die vroutjie probeer loskom, maar Andries hou vas. Boeta ruk die sleutels uit haar hande. Sy probeer skreeu, maar maak net ‘n roggelgeluid. “Jong, wat gaan aan…” Andries is ongeduldig. “Maak oop, maak oop!!” Boeta ruk die hek oop, die hond bevlieg hom en gryp sy broekspyp. Hy skop woes totdat die hond tjank-tjank in die hoek gaan lê en sy wonde lek. Andries het die vroutjie gelos wat soos ‘n sak aartappels inmekaarsaak. Te lam om te skreeu. Andries gryp haar sommer aan die arm en sleep haar in die huis in. “Kom!” beveel hy vir Boeta. “Ons moet haar vasmaak en gaan kry solank vir Jacob. Boeta verdwyn sonder om ‘n woord verder te sê. Andries sleep die vrou tot in die sitkamer waar hy die telefoon se lyn uit die muur uit ruk en die vrou se hande en voete vasmaak. Hy soek na iets om in haar mond te prop toe Jacob-hulle verskyn. “Waar’s hy?” kom Jacob se kwaai stem van die ingang af.

“Ek het jou so mooi gesê Andries…” Andries vlieg op. “Kyk hier voor jy baie ken. Die vrou isi so toe soos daai oumense nie. Sy’t agterdogtig geraak en toe moes ek improvise!” Jacob kyk na Andries.

“Jinne, Andries. Jinne!! Wat nou ha!?”

“Moenie so opgewonde raak nie. Ek het jou gesê die is die laaste job so is nou of nooit.” Die vroutjie skrik wakker en begin huil toe sy onthou wat het gebeur.

“Joh!!! My ma! MY MAAA!!”

“Hey shut up!”

“HULLE WIL MY DOODMAAK.” Boeta gryp sy sakdoek uit sy broeksak en druk dit in haar mond, maar sy huil nog onophoudelik dat die trane stroom.

“Andries, ons moet baie vinnig werk en hier wegkom. Boeta gaan haal die muthi en sê vir Johnny boy om ‘n entjie weg te parkeer.”

Andries grinnik en kyk na Jacob.

“Okay. Hier is die plan. Mevrou Vorster het gaan kuier en behoort enige tyd terug te wees. Meneer Vorster kom glo later van die werk af. Dit kan ons genoeg tyd gee om die kluis se kode by die vrou te kry, altwee in te spuit en dan is ons weg nog voordat die man kom. Wat dink jy?”

Jacob knik met sy kop.

“Okay, raak ontslae van die hond. Niks moet snaaks lyk as mevrou Vorster hier aankom nie.”

Kopiereg © 2019 deur Eric Kok. Teks: Eric Kok. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie [teks, illustrasies] mag op enige manier voortgebring word sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van die eienaar van Roodepan Stories, Eric Kok, nie.