Die job. Episode 16. Geskryf deur Eric R Kok

Deel hierdie storie / Share this story

Die offisier het laat weet dat ‘n ooggetuie vorendag gekom het. ‘n Gryskop oom wat sy verklaring by die stasie kom afgee het, het vertel hoe hy die aand van die inbraak met sy hond gaan stap het. Hy was op pad terug huis toe, toe ‘n blou bakkie met ‘n helse spoed verby hom gejaag het. Gelukkig het hy met hond en al net in tyd op die sypaadjie gespring. Dit kan moontlik die booswigte se getaway car wees, het hy bygevoeg. Die gryskop oom kon niks verder uitmaak nie, want by die tyd toe hy opstaan, was die bakkie weg. Gumede sit en bedink nou die hele storie. Hoekom sou die rowers dan die ouma so wreed vermoor en die oom los sonder ‘n skraap op hom? Hulle het weggekom met dit wat hulle wou hê, maar hoekom moord pleeg tensy iets verkeerd gegaan het? Gewoonlik los hulle die lyk, maar hierdie rowers het met die liggaam verdwyn, sekerlik om daarvan ontslae te raak. Dr.Croucamp het ook gebel en gesê dat die oom met ‘n tipe slaapmiddel ingespuit was wat met ‘n dwelm gemeng is wat hy nooit vantevore mee in aanraking gekom het. Dis seker hoekom die oom se geheue aangetas is, want hy kan absoluut niks onthou nie. Kan dit wees dat die oom dalk sy vrou se moord beplan het? Dis moontlik, maar hoekom nou en nog op so ou ouderdom ook nog?  Gumede tel die telefoon op en druk die nommers vinnig. “Halo… vra vir Breda om uit te vind of die oom skuld het en of daar enige veranderinge aan sy vrou se insurance gemaak is…Ja,dankie.” Net toe hy die telefoon neersit, kom daar ‘n klop aan die deur.” “Kom binne…” Sy pa verskyn toe die deur oopgaan. “What a surprise… Dad…” Verbaas, maar tog bly om sy pa te sien, staan Gumede op en gaan om sy pa wat korter as hy is te omhels. “Helo, son. How are you?” Sy pa se oë blink van blydskap. Hy wys vir sy pa om te gaan sit. “I’m well dad, what brings you here? Is something wrong?” “No. Not at all,” sê sy pa en beduie met sy hand. “I came to check up on you. You haven’t called in a while and your mother is worried.” Gumede maak of hy nie die laaste woorde hoor nie. “Would you like some coffee?” “Oh, no I won’t be long, I still have to go the doctor… George.” Sy pa volg sy oë wat probeer wegkyk. “Dad.” “What’s wrong, son? You haven’t called for weeks…” Gumede kyk op. “Sorry, work kept me very busy, but I promise to call tonight. How is Mom?” “Mom is worried. Talk to me George. You are very bad at hiding things…” Gumede skep eers diep asem. “It’s Naledi. Things haven’t been okay for a while and last night… Last night she told me that she wants a divorce. She wants to leave and take the kids.” Die woorde bring ‘n diep hartseer terug wat Gumede al heel dag probeer versteek. “Three months ago at the braai, I noticed something but I didn’t say anything because it wasn’t my place. Son, you are hardworking and successful and I’m very proud of you and you provide for your family. You bought your wife a beautiful home and you’re  financially stable but I think you’ve neglected her…”

‘n Klop aan die deur onderbreek sy pa. Die deur gaan oop en dieselfde offisier verskyn. “Sir, we just received a call from Roodepan police station about a robbery. The assailants, two of them sped off in a blue Toyota bakkie. Unfortunately the victim couldn’t see the registration number.” Gumede sit regop. “Could it be…” “It matches the colour description of the previous statement.” Gumede spring opgewonde op. “Matthews,  get someone to Roodepan immediately. I want to know how long they’ve been there, get anyone who saw anything else.” Gumede se pa staan op. “Son, I’ve come at a busy time. Perhaps we can talk later, but do one thing…” Gumede onthou sy pa is nog in sy kantoor en draai om. “…You are an exceptional cop boy, but go to your wife and be the husband she needs.” Sy pa wag nie vir sy reaksie nie en verdwyn agter die deur wat hy toemaak. Die woorde tref vir Gumede soos ‘n nat klap. Hy het altyd gedink Naledi is gelukkig, want hyt haar alles gegee wat sy nog wou hê, maar om dit te doen, moes hy baie hard werk en dae selfs weke vir haar afskeep… Wanneer laas was hulle rêrig saam? “Anything else Captain…?” Matthews wag vir ‘n antwoord. “Uhm, yes. Get a team to track down all bakkies that fit the description in Kimberley. We are going to catch these bastards.” Matthews knik en los vir Gumede aleen in sy kantoor met sy gedagtes. “BE THE HUSBAND SHE NEEDS.” Gumede dink vir ‘n oomblik en ‘n glimlag begin speel om sy mondhoeke… Die werk kan vir een dag in sy lewe eers wag, Hy gaan die grootste bos blomme kry en vir Naledi verras met ‘n romantiese ete, die kinders kan by Doreen oorbly. Gumede gryp sy kar se sleutels en glip by die deur uit en drafstap opgewonde die gang af.

“Jacob… JACOB” Andries se stem ruk vir Jacob terug tot in sy sitplek. Hulle staan onder ‘n paar bome by Bakgat-park in ‘n plek genaamd Ashburnham. Tussen hulle vier het hulle net twee honderd en dertien rand oor. Die pap lemoen en drie pakkies chips het hulle lankal gedeel. Moeg, honger en met minder as ‘n halwe tenk petrol sit en probeer hulle besluit wat om nou te maak. “Uncle,” trek Johnny boy se stem aan hom. “Yes, I heard you the first time.” Jacob draai sodat almal hom kan sien. “I still think that we should rather take our chances and get out of here instead of risking another night in this place.” “Maar ons het dan nie genoeg petrol nie,” sê Boeta en vryf sy been wat hy vir ‘n tydjie al oor kla. Die adrenalien wat hom ‘n ruk terug van die pyn laat vergeet het, is weg. Andries sit vorentoe. “Nog net een laaste job Jacob. Ons gaan reguit vir die kluis, vat die geld en verdwyn.” “I think we should vote,” sê Johnny boy. “This isn’t a game boy, the cops are probably looking for us, every minute we sit here…” Andries onderbreek vir Jacob. “Dink jy nie die polisiehelikopters sou nou al in die lug gewees het as hulle enige leidrade gehad het? Hulle krap nog…” Boeta loer by sy venster uit en deursoek die lug. Jacob kyk na Andries en sug. Hy klim uit, maak die deur toe en leun teen die bakkie met sy oë toe. Iemand klim ook uit en kom staan langs hom. Sy oë is nog toe en na die son gedraai toe Andries langs hom praat. “Kyk. Ek is jammer oor die ouma. Ek het begin paniek en die hamer was in my hand…” “Dis verby Andries. Ons moet net hier wegkom. Ons kan nie langer hier bly nie en dit weet jy.” Jacob maak sy oë oop en sien Andries kyk hom aan. “Dis hoekom ons moet gou speel. ‘n Huis in Monument Heights target en spore maak. Ek belowe jou niks gaan verkeerd lool.” Jacob kyk lank na Andries. “Ek bedoel ons het hiernatoe gekom om geld te maak, kom ons loop ten minste met iets.” Andries kyk afwagtend na Jacob vir ‘n antwoord.

Jacob draai uiteindelik na Andries. “Ok, maar jy gedra jou, Andries.”

Kopiereg © 2019 deur Eric Kok. Teks: Eric Kok. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie [teks, illustrasies] mag op enige manier voortgebring word sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van die eienaar van Roodepan Stories, Eric Kok, nie.