“Boeta!!” sê hulle amper gelyk en kyk na mekaar verbaas. Boeta spring om die bakkie en ruk die agterdeur oop. Sy oë is groot en hy is uitasem en prewel iets onhoorbaar. Hy kyk afwagtend na iets. Jacob loer en toe eers sien hy waarna kyk Boeta. Andries kom aangehardloop met ‘n plastic sak wat agter hom aan waai. Boeta gooi die deur oop. “Klim in, maak gou!!” Andries duik in en met sy voete wat nog uithang, skreeu hy vir Jacob om te ry. “What the hell is going on?” “Ry!!” skreeu Boeta en trek vir Andries in. Jacob trek net in tyd weg toe die man met ‘n baseball bat verskyn en die bakkie net-net mis kap. Die man hardloop nog agter die bakkie aan, maar is te stadig en gooi die baseball bat. Mis. Jacob vat die draai baie skerp verby die polisiestasie op die hoofpad. Hy loer vir Andries en Boeta in die spieël. “Guys, what the heck is going on? Why are you being chased?” Boeta ondersoek nog vir Andries. “Are you okay Boeta?” vra Johnny boy en draai na die twee in die agterste sitplek. Boeta kyk eers weer om asof hy bang is die man sit hulle nog agterna… Hy sluk diep.
“Joh ouens, ons het gaan hike daar by die garage toe raak Andries lus vir ‘n gwaai.” Andries sit regop en voel aan die lang krap op sy wang. “Toe gaan ons by daai blerrie frendo se shop.” Andries chip sommer in. “Ek koop toe vier los sigarette en gee die bogger ‘n R50 en hy gee my net R5 change.” Jacob ry stadiger sodat hy die storie mooi kan hoor. “Ek vra hom toe waar is my ander change en die bogger vertel my ek het hom net ‘n R20 gegee…”
“But if he tried to rob you then why were you running away??” vra Johnny boy verbaas. “Want toe besluit ons om vir hom te rob, maar die gemors pluk ‘n baseball bat uit.” Andries en Boeta praat amper gelyk. “Boeta probeer by die til kom, maar toe kry hy ‘n hou en die bangbroek hardloop weg.” Andries kyk vir Boeta skeef aan. “Hey! Hy’t sy broers geroep.”
“How much did you guys manage to rob?”
Andries lig die plastieksakkie op. Daar is twee pakkies sigarette in, ‘n pap lemoen en drie pakkies Simba-chips.
Johnny boy begin te lag. “You tried to rob a frendo, who is a better robber than you?” Jacob kan nie die lag keer nie en laat homself toe om te lag. Andries en Boeta sit en kyk eers die ander twee dikbek aan, maar die lag is aansteeklik. “Ek is net bly ons het lewendig uit daai plek uitgekom,” sê Andries onder deur die lag.
Kopiereg © 2019 deur Eric Kok. Teks: Eric Kok. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie [teks, illustrasies] mag op enige manier voortgebring word sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van die eienaar van Roodepan Stories, Eric Kok, nie.



