Die job. Episode 14. Geskryf deur Eric R Kok

Deel hierdie storie / Share this story

Hoekom moes sy uncle sy pa opbring. So what as sy pa ‘n good for nothing is wat nie werk nie. So what as sy pa hom by sy oom in die middel van die nag gaan los het met ‘n R20 en ‘n rugsak vol klere. Johnny boy skop die pilchards blikkie so hard dat dit trek soos ‘n sokkerbal deur die lug. Hy was in elk geval nie lus om Kimberley toe te kom nie, die plek is anyway vervelig en droog.

Jacob het lank sit en dink. Johnny boy se woorde brand nog in sy ore. “You are an asshole.” Hy moes nooit die laaitie saamgebring het nie, maar wat anders kon hy doen en nou sit hy in die groot gemors. Belinda…sy vrou sal niks hiervan hou nie en nog minder van die feit dat hy leëhande teruggaan. Jacob haal sy selfoon uit sy sak en druk haar nommer. Hy hoor eers haar opgewonde stem net toe hy wou aflui. “Jacob, skat hoe gaan dit? Ek hoop julle het gescore jong, want Trevor soek sy geld.” Nes hy sy vrou ken. Daar is altyd iemand wat geld geskuld word. “Hi skat,” sê hy moeg. “Ja, dinge gaan orite, ons het ‘n job gedoen, maar gaan binnekort alweer huis toe…” Sy vrou praat eers kwaai aan die anderkant met iemand. “Hoe bedoel jy julle kom al terug? Het iets verkeerd geloop?” Haar stem klink meteens bekommerd. “Nee  skat, moenie worry nie, ek sal alles verduidelik sodra ek daar is.” “Ok jong, kom net met genoeg geld terug, Thabang huil reeds vir nuwe skoene, bye bye.” Sy lui af voor hy kon groet. Jacob sug diep. Hy klim oor in die drywerskant en start die bakkie.

Johnny boy het al ‘n ent gestap en toe hy omkyk, flikker Jacob die ligte sodat hy moes staan. Hy wou aanhou loop, maar hy is gehoorsaam toe sy oom na hom roep. “Johnny boy, let’s talk son… Please get in…” Johnny boy het ingeklim en stip voor hom sit en kyk. “Look boy, I didn’t mean what I said.” Jacob soek versigtig na die regte woorde. “I just don’t want you to get anymore involved in this than you already are…I’m gonna get you home.” Johnny draai na sy oom. “Uncle, I’m sorry for the way I reacted and…” “It’s okay boy. Let’s focus on getting out of here.” Met die woorde trek Jacob weg. En dis eers stil vir ‘n lang tyd.

“I can’t stop thinking about that old lady with the broom. It was like she couldn’t wait to beat us up.” Jacob bars uit van die lag. “Boy, if we stayed any longer she would have, that entire street would have been on us.” Johnny lag dat sy maag skud. “You should have seen Michael flying when he tried to jump the fence…” Ewe skielik trap Jacob brieke, maar dis te laat en hy stamp die man wat voor die bakkie ingehardloop het.

“What the hell!!” sê Jacob verskrik. “What was that?” vra Johnny boy met groot oë. Hulle loer altwee oor die bakkie se bonnet. “Eina!!!” gil die man en klou aan die bonnet om op te staan. Dus Boeta!!

Kopiereg © 2019 deur Eric Kok. Teks: Eric Kok. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie [teks, illustrasies] mag op enige manier voortgebring word sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van die eienaar van Roodepan Stories, Eric Kok, nie.