Die job. Episode 13. Geskryf deur Eric R Kok

Deel hierdie storie / Share this story

Dit was Johnny boy wat die figuur met die swart jacket eerste gesien het. “Uncle look,” het hy gefluister asof die figuur hom sou hoor. “The bloody bastard!” sê Jacob ook in ‘n fluisterstem. Johnny boy raak opgewonde. “Let’s teach him a lesson!“ Hy hou langs die man stil wat op die sypaadjie staan en gesels met ‘n langer man. Johnny boy draai sy venster af. “Michael.. what a surprise to see you again.” Michael draai om. Sy gesig raak asvaal toe hy sien wie dit is. “Heh, ouens awe… Errrm Hoezit bra, sorry ek het sommer vroeg geloop man, my meddie het ‘n whatsap…” Jacob onderbreek hom.”Oh no worries…Bra. Kyk, hie ons het so bietjie verdwaal. Kan jy ons ‘n straat wys…”

“Uhm eish, ken julle ‘n man, is nog op ‘n mission hieso, ek moet die empties gaan vol maak.” Hy wys na ‘n krat bierbottels in ‘n kruiwa. “Oh but it won’t take long.” Michael soek na woorde. Hy kyk rond. “Klim in,” sê Jacob en kyk hom stip aan. Voor die twee bierbottels wat hy vasgehou het nog die grond kon tref, toe spring Michael weg. Johnny boy het dit verwag en het lankal sy seat belt losgemaak, hy spring uit en sit vir Michael agterna. Op skool het Johnny boy aflos gedoen en daar is nie ‘n manier dat Michael hom kan weghardloop nie, maar hy spring skielik tussen ‘n groepie meisiekinders in wat voor ‘n jaard sit en kaart speel. Hy glip by die oop hek in. Johnny boy is op sy hakke en trap amper ‘n meisiekind raak wat in die skrik probeer opvlieg. Michael waai om die hoek, maar Johnny boy verloor vinnig spoed en sien in slow motion hoe Michael hekkies wil spring oor die draad. Miskien as hy op ‘n hoër spoed was of miskien as hy met sy sprong sy bene gebuig het. Michael het te laat sy fout besef, want die volgende oomblik toe skiet die draad hom terug soos ‘n klip in ‘n kettie. Hy tref die grond so hard dat hy bump. Hy gee net een stowwerige hoes en lê doodstil. Johnny boy kan die lag nie keer nie. Michael lê en kreun en toe Johnny boy hom optel, begin hy te huil dat die trane loop. Johnny boy sit sy arm om Michael se nek en half drasleep hom. Buite staan en wag Jacob by die bakkie. “We got him uncle, now we can find out what he did with the egg.” Michael huil omtrent erg “Dit wasie ekkie…” Jacob maak die agtersitplek se deur oop. “Hey shut up en klim in!”

“Heh wat maak julle vir Michael ha?” Die growwe stem behoort aan ‘n lang skraal man met ‘n sny oor sy oog tot reg op sy wang. Hy het ‘n ysterpyp in sy hand. “We just want to ask him a few questions.” “So julle is gattas?” vra die lang man. Hy bekyk vir Jacob op en af. “Nee,” sê Jacob. “Nou question hom hier laat ons ok hoor.” Die Ons het so vinnig bymekaargekom dat Jacob skrik. Aunties en oompies en jong mannetjies staan nader. ‘n Paar snotneuse kom kyk ook nuuskierig wat gaan aan. Een vet mannetjie het twee bakstene en ‘n ouma in ‘n bont rok staan met ‘n gebreekte besem en kyk vir Jacob vas terwyl sy ‘n chappie soos ‘n jerseybees herkou. Die atmosfeer het skielik verander. “Johnny boy, let him go.” Johnny boy kyk verdwaas na sy oom. “But Uncle we have him.” “Heh wat wil julle vir Michael maak?” vra ‘n kaalvoetmeisie. “Boy, we don’t need any more attention. Get in the bakkie now!” Hy draai na die lang man. “Ok, ek is jammer vir die misunderstanding. Ons loop.” Met die woorde stoot Jacob vir Michael wat nog lam is in die skare en klim in die bakkie. “Let’s just get the hell out of here Johnny!” Johnny boy trek met skreeuende bande weg en ry amper binne-in ‘n taxi vas wat kwaai toeter blaas. Die jumpboy wat deur die venster hang, wys vir hulle middelvinger. Hulle ry by die laerskool verby toe Johnny boy begin praat. “Uncle, we had him! Why did you let him go, after what he did? I swear I will…” “Shut up!” Johnny boy skuif vererg in sy sitplek rond. “But Uncle, this is insane, he’s the reason why the crew split up and we should teach him a lesson…” Jacob kyk vir Johnny boy. “Crew… are even you listening to yourself? You’re not part of any crew boy! The only reason you’re here is because your low life father dumped you at my door.” Johnny boy stop die bakkie. Sy hande hou die stuurwiel styf vas. “Look, I didn’t ask to be here. You brought me along, all I’m doing is making the best of where I am right now.” “Open your eyes boy. We are criminals! You’re not! I brought you along to drive so shut up and drive!” Vir die eerste keer vandat Johnny boy sy oom ontmoet het, kyk hy na hom met ander oë. “You know what. Andries was right. You are an asshole.“ Die woorde proe suur. Johnny boy maak sy seat belt los en klim uit. Sy onderlip begin bewe van woede. Sy oom kan maar alleen Joburg toe ry, hy gaan hike.

Kopiereg © 2019 deur Eric Kok. Teks: Eric Kok. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie [teks, illustrasies] mag op enige manier voortgebring word sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van die eienaar van Roodepan Stories, Eric Kok, nie.