KIMBERLEY – Die nuwe geestesgesondheid-hospitaal, wat aan die einde van Augustus moes oopmaak, sal in fases vanaf die einde van September oopgemaak word.
LUR besoek hospitaal
Die verwikkeling volg op Mase Manopole, die LUR vir gesondheid, se besoek aan die fasiliteit vroeër in die week.
Manepole het tydens ’n begrotingstoespraak aangekondig dat die hospitaal se opening in fases opgedeel sal word.
160 Beddens in die eerste fase
Die eerste fase sluit 160 beddens in.
Manopole sê ’n taakspan het ’n opvolgvergadering gehou om die vordering met die amptelike opening aan die einde van die maand te bespreek.



