Slaggate skep gevaar vir skoolkinders en motoriste

KIMBERLEY – Skoolkinders en motoriste in Kimberley wat daagliks gevaarlike slaggate op hul pad moet trotseer, is in gevaar, sê ’n inwoner.

Kader Johnson, ’n inwoner van Kimberley, het foto’s van paaie in Galeshewe en Floors, wat erg versleg het, op die Sol Plaatje-gemeenskapforum se Facebook-groep gedeel.

Paaie vir ’n lang tyd in ’n slegte toestand

Johnson sê dié paaie is al vir ’n geruime tyd in ’n slegte toestand. Dit is onveilig vir motoriste en kinders wat dit moet gebruik.

“Wat doen doen die minisipaliteit daaraan? Is daar iemand wat ons kan help?” vra Johnson.

Slaggate lok kommentaar uit

Shaun Baatjies sê op die Facebook-plasing: “Ja-nee my maat Sol Gaaitjies hoe gaan ons maak?”

Nita Wessels sê dit lyk al vir die afgelope twee jaar so daar.

Disebo Nkosi het ’n foto van ’n pad by die ingang na Snake Park in Galeshewe gedeel. Hy sê dit lyk so vir die afgelope twee.

1 thought on “Slaggate skep gevaar vir skoolkinders en motoriste

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: