Weer besluit om Bultfonteinpad te heropen

KIMBERLEY – Die Sol Plaatje-munisipaliteit se komitee vir ekonomiese ontwikkeling, stedelike vernuwing en toerisme het ’n besluit gemaak om die Bultonfteinpad, by die Groot Gat, te heropen.

Dié pad is meer as 11 jaar gelede gesluit, omdat daar ’n bekommernis was dat ’n gedeelte van die pad by die Groot Gat kan intuimel. 

Kobus van den Berg, VF Plus-raadslid, sê dit is ’n positiewe besluit. Dit gaan nou aan die raad voorgelê word. Vrae oor waarheen die 300 taxi’s wat daagliks van die pad gebruik maak, gaan en of daar beperkings op die gebruik van die pad aangebring gaan word, is nog nie beantwoord nie, sê hy.

Sello Matsie, woordvoerder vir die munisipaliteit, het dit bevestig en gesê dit sal gebeur sodra alternatiewe plek vir die taxi’s, wat tans van die pad gebruik maak, gevind word.

Volgens berigte deur ’n plaaslike koerant, het die raad in 2016 ook ’n besluit gemaak om die pad te heropen. FiND iT het Matsie gevra hoekom die vorige besluit deur die raad nie uitgevoer is nie.

Aflaaipunt in middestad belangrik vir pendelaars

Xolisile Qalinge, voorsitter van Thusano-taxivereniging, sê hulle is in samesprekings met die munisipaliteit. Alhoewel alternatiewe plek vir die taxi’s voorheen uitgewys was, is daar nog nie ’n finale besluit geneem nie, sê hy.

Alternatiewe word met taxi-operateurs en met van die publiek bespreek. Qalinge sê dit is belangrik vir persone, wat van openbare vervoer gebruik maak, om in die middestad afgelaai te word.

Facebook-blad skep petisie om pad te heropen

’n Facebook-blad, genaamd Sol Must Rise, het in 2015 ’n petisie opgestel wat die munisipaliteit maan om die pad te heropen. 

Die petisie het 17 ondersteuners en kommentaar deur Kimberliete uitgelok.

Tshepo Khatlane het op dié petisie reageer en gesê die heropening van die Bultfonteinpad sal verkeer in die middestad verlig.

Irishadore Oliphant, wat ook op die petisie reageer het, het gesê sy word geaffekteer deur die feit dat Bultfonteinpad gesluit is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: