Indien jy ’n gereelde kliënt van Pick ’n Pay is, weet jy seker teen dié tyd dat dié supermark se vars voorraad deesdae skaars is. Dit kom na ’n nasionale staking van vragmotorbestuurders.
Pick ’n Pay Rhodesdene moes Maandag hul voorraad ontvang, maar weens die stakings het die voorraad eers Woensdag opgedaag.
Pick ’n Pay North Cape Mall het ’n kennisgewing teen hulle rakke opgesit om om verskoning vir die ongerief te vra.
FiND iT het Pick ’n Pay se hoofkantoor gekontak om te hoor hoe die stakings die supermarkte landwyd affekteer. FiND iT wag vir terugvoering.



