Damvlakke daal, terwyl lekkasies in Kimberley toeneem

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Volgens die weeklikse verslag van die departement van waterwese het damvlakke by opgaardamme in die Noor-Kaap met meer as 2% in die laaste week gedaal.

Sputnik Ratau, woordvoerder vir die nasionale department van water en sanitasie, sê die totale waterinhoud by opgaardamme in die provinsie het vanaf 84% in verlede week tot 81.9% afgeneem.

Sommige damme is stabiel

Ratau sê sommige damme is stabiel, terwyl ander ’n daling aandui. Hy maan inwoners in die provinsie om water spaarsamig te gebruik.

Verslag van damvlakke in die provinsie

Die inhoud van die Douglasdam in die Vaalrivier het nie in die laaste week verander nie. Dit is 103% vol en berg tans 16.729 miljoen m3 water. 

Die Boegoebergdam, in die Oranjerivier, staan op 97.7% of 20.131 m3.

Die Spitskopdam in die Hartsrivier het stabiel gebly met dieselfde persentasie van 76.6% as in verlede week. 

Die Vaalhartsdam staan op 39.260 m3. Dit het in die laaste week afgeneem vanaf 83.3% tot 77.5%.

Die Kareedam, wat Calvinia voorsien, staan op 20.8%

Duisende liters word gemors

Dit, terwyl duisende liter water deur die strate van Kimberley stroom.