Vinnige optrede verhoed brand

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die nooddienste is vanoggend na ’n huis in Petrusstraat ontbied toe rook by die dak begin uitborrel het.

Die eienaar van die huis het aan FiND iT gesê haar huishulp het rook geruik toe sy na die tweede verdieping gaan om die vullis te kry.

Thinus Pretorius van Kimberley-brandweer sê die rook wat deur die dak gekom het, is veroorsaak deur ’n kortsluiting by een van die ligte. “Die eienaar het ons vroegtydig gebel, anders kon daar ’n brand ontstaan het.”

ER24 was op die toneel, maar niemand is tydens die voorval beseer nie.

FiND iT het vroeër berig daar was ’n brand, maar met verdere ondersoek is bevind dit was net rook.