KAGISHO. – ’n Verdagte, wat ’n man vroeër vanjaar beroof het, is steeds soek.
Die polisie hier doen ’n beroep op die gemeenskap om hulle te help om die rower op te spoor. Hy is glo gewapen.
Beroof by OTM
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê dié voorval het op 25 Mei 2019 in Galeshewe plaasgevind. “Die verdagte het na bewering die klaer met ‘n vuurwapen by ’n OTM by die Galeshewe Plaza aangehou, beroof en met sy bankkaart gevlug.”
Verdagte
“Die verdagte is na bewering ’n Afrikaans-sprekende man, ongeveer 30 – 35 jaar oud en lig van kleur.”
Indien enigiemand inligting het of die persoon ken, kan konst. Thompho Khomonala by 071 686 1360 kontak.
“Die ondersoek duur voort.”




