Man dood na motor fietsryer tref

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Man (32) is dood nadat ’n voertuig hom op sy fiets in Barklystraat, in Homestead, getref het.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder vir die Roodepan-polisie, sê die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat ’n motoris ’n fietsryer om ongeveer 13:30 naby die Chicken Licken, oorkant Maureenstraat, omgery het.

Kock sê die fietsryer is donker van gelaatskleur, ongeveer 32 jaar oud en 1.6m lank. Hy was geklee in ’n rooi broek en swart T-hemp.

Enigeen met inligting kan sers. Gabonewe by 082 495 4625 skakel. Die ondersoek duur voort.