Is jy ’n vrou en stel jy belang in besigheid?
Dan is die WOMEN IN BUSINESS-event vir jou! WOMEN IN BUSINESS is ’n byeenkoms vir vroue om met ander vroue wat in die besigheidswêreld is, te connect. Dit is gemik op Kimberley-ondernemings en sluit álle vroue in. Of jy nou jou eie besigheid het, graag jou eie ding wil doen, saam met ander vroue in die kantoor werk of belangstel in wat vroue wat in die besigheidswêreld belangstel aan die gang hou, kom saam. Dis nie jou gewone koek-en-tee nie, maar ’n geleentheid om bemagtig te word deur vaardighede te leer, nuwe vriende te maak en uit te stap met ’n beter uitkyk met betrekking tot jou onderneming en jou as mens.
Leer by mekaar
Nicqie Robinson, van Corporate Image South Africa, sê vroue kan so baie by mekaar leer. “Hoekom sal ons nou alles self probeer doen?” Nicqie is, saam met Lizelle de Kock en Luzan Maritz, die dryfveer agter Corporate Image South Africa. Dis dié onderneming wat die oggend hier in Kimberley aanbied.
Bou jou netwerk
“Die geleentheid bring vroue bymekaar. Jy kan altyd iets by iemand anders leer. Dis ’n goeie geleentheid om ’n netwerk op te bou en sodoende mekaar in besigheid te help. Die WOMEN IN BUSINESS-oggend beloof om jou baie te bied en daarom glo ons dit is die eerste van baie,” sê Nicqie.
Knyp tyd af by die werk
“Ons wil elke keer ’n inspirerende vrou in die besigheidswêreld kry om vroue van Kimberley toe te spreek en ’n paar wyshede te leer. Dalk kan jy weer iemand anders ook iets leer? Dis juis op ’n Vrydag – by die pragtige Bella Cardi Wedding Venue, sodat elkeen tyd by die werk kan afknyp om in jouself te invest.” Nicqie sê vroue spandeer maklik geld op ander dinge, maar nie op hulleself nie. “Jy vergeet gou dat jy ook belangrik is en tyd nodig het vir jouself.”
Eie storie
Cherona D, ’n besigheidsvrou van Kwa-Zulu Natal, kom praat oor sosiale media, foute wat jy in besigheid moet vermy en nog vele meer. Sy vertel ook haar eie storie.”
Kom kuier saam en moet dit nie misloop nie! Kaartjies verkoop tans blitsvinnig.
Vir kaartjiebesprekings, bel Luzan by 073 204 0994.
Vrydag, 6 September van 9:00 – 11:00 by Bella Cardi Wedding Venue.



