Mnr. en Mej-gemeenskapsprojek wenners is aangekondig

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die bekende Adamantia-kroningsaand het Vrydagaand plaasgevind waar 13 seuns en 14 meisies aan Mnr. en Mej. Addie deelgeneem het.

Meer as 550 mense het onder die sterre bymekaargekom met die tema Starry Night.

Vier beoordelaars van buite die skool het op die wenners besluit. Tanya Jordaan, ’n juffrou by Hoërskool Adamantia, sê Chanté Botha, Alberto Mazzoncini, Jolene Dippenaar en Judy Kruger het hulle goed van hulle taak gekwyt.

“Die finaliste het elkeen vooraf ’n onderhoud met die beoordelaars gehad, waarin hulle vrae aan elke finalis gevra het. Hierdie onderhoud het 75% en die aand van die kroning het 25% getel. Die wenners is dan volgens hierdie puntestelsel aangewys.”

Elke finalis moes deur die jaar ’n gemeenskapsprojek aanpak en ’n verskil in die gemeenskap maak.

Die wenners vir 2019 is:

Mnr. Liefdadigheid – Joshua Wilson

Mej. Liefdadigheid – Johané van Aswegen

Mnr. en Mej. Persoonlikheid

Francois Conradie en Will-Marie Langeveld

Mnr. en Mej. Fotogenies

Jason Fensham en Nadine van Heerden

Tweede prins en prinses

Ghünter Brits en Kayla Collins

Eerste prins en prinses

Joshua Wilson en Rodene Pondoyi

Mnr. en Mej Addie 2019

Armand Smit en Johané van Aswegen