Lena se lot – Episode 6. Geskryf deur Eric R Kok

Deel hierdie storie / Share this story

Episode 6: ‘n Slaansak

Lena weet dat haar pak slae gaan kom. André het homself so aan die drankgod oorgegee dat hy elke naweek uitgaan om te drink. Hy werk nie meer nie, maar dring daarop aan dat Lena sy drinkery moet support.

Sy werk as ‘n receptionist by die departement van onderwys, maar verdien ook net genoeg om die pot aan die kook te hou na al die nodige skuld betaal is. Lena betaal nou die rent, koop groceries, betaal die kinders se skoolfonds en en en, terwyl André op die sofa heeldag lê. Nie dat hy sleg is nie, maar omdat hy homself bejammer en te hoog voel om ‘n werk te kry wat onder sy vorige werk se pay scale is.

Nou staan hy vanaand in die deur soos ‘n besetene en soos altyd vir haar vir alles blameer.

Lena sit die kaarte op die tafel neer.

“Is jy weer gedrink na my toe André?”

André kom in die kombuis en klap die deur hard toe.”

Bettie skuif ongemaklik in haar stoel.

“Vriendin, ek dink is tyd dat ek maar huis toe gaan…”

André slinger nader. 

“Ja, is nogals tyd dat die bingo nonsens stop hie by my huis.”

Lena spring op.

“Jou huis?” gil sy.

Bettie staan stadig op.

André gluur haar aan en sit die bierbottel so hard neer dat van die drank uitspat. Doef!

Bettie sak weer stadig terug in haar stoel.

André rig weer sy aandag op Lena.

“My donnerse huis, ja.”

Lena klap haar boud. Sy kan haarself nie meer keer nie.

“Die is nogals binne gemeenskap boeta en ek betaal die rent hierso as jy bietjie vergeet het.”

André se oë blits. Hoe durf die vroumens hom so in die pad kom?

Hy lig sy hand. Lena koes, maar die hou land en sy steier terug.

“EINA!”

Bettie vlieg verskrik op en probeer keer.

“André, jy kan mos nie vir Lena so wil slaan nie man…”

“Hey voetsek!” André mik na Bettie en sy spring weg. Haar stoel val om.

Lena leun oor die sink en huil.

“Kom chomma…” roep Bettie vir Lena.

“Kom vriendin, laat ons loop asseblief.”

Lena reageer nie.

André draai om.

“Hey, vuil voete, loop hieso.”

Bettie kyk smekend na haar vriendin. Die arme vrou is so skraal en klein gebou. Wat kan sy tog maak… Bettie weet sy self staan nie ‘n kans teen André met sy groot hande nie.

Bettie draai om en draf uit by die deur.

Sy het haar skoene vergeet in die kombuis, maar daar is nie tyd om terug te draai nie, sy moet help gaan kry en gou.

Bettie tel spoed op toe sy in die straat kom. Dis leeg en stil. ‘n Klip of ‘n glas steek haar voet en die skielike brandpyn laat haar struikel. Bettie is uitasem en sweet begin by haar nek af te loop. Haar gewig laat haar nie toe om so vinnig te beweeg nie. Nog net drie huise, dan is sy by haar eie huisie, troos sy haarself.

Ongelukkig het sy nie ‘n selfoon nie, anders het sy al lankal die polisie gebel.

Sy begin weer te hardloop. Versigtig op die seer voet.

Lena het gedink die baklei gaan soos altyd eindig met André se geskel, maar vanaand is dit asof die duiwel self in hom gevaar het.

“Hey, hou op tjank of moet ek jou rede gee…”

André klap vir Lena en sy tuimel teen die yskas vas. Haar kop kap teen die deur.

“Eina. André!”

Hy kom nader.

“Jy sê eina…”

Lena lê teen die yskas met haar rug. Haar trane loop.

André kom staan voor haar.

“Jy beskinder my mos by die valse kerkmense neh…”

Hy skop en die hou land in haar ribbes. Lena skreeu van pyn.

Sy besef dat André haar vanaand kan doodslaan.

LeSy begin gil.