Kêrel vermis ná vrou se liggaam in kanaal gevind word

Deel hierdie storie / Share this story

DOUGLAS – Die polisie op Douglas ondersoek die dood van Sannah Olifant (49) nadat haar liggaam Maandag in ’n kanaal op die dorp gevind is.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder vir die polisie in die Noord-Kaap, het gesê ’n verbyganger het Olifant se liggaam ongeveer 10:00 Mandagoggend ontdek.

Wonderboy Segodi (49), Olifant se kêrel, word vermis. Die polisie se soek-en-reddingseenheid is in die gebied op soek na Segodi. ’n Klag van ‘n vermiste persoon is geopen.

Enigeen met inligting oor die saak kan adjunk-sersant Freddie Botha by 082 301 9978 skakel. Die ondersoek duur voort.