Delportshoop-man kry 15 jaar vir verkragting

Deel hierdie storie / Share this story

BARKLEY-WES – Andrew Malgas Snyers, ’n 28-jarige man van Delportshoop, is in die streekhof op Barkley-Wes tot 15 jaar tronkstraf vir die verkragting van ’n 19-jarige vrou gevonnis.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder vir die polisie in die Noord-Kaap, sê Snyers het die slagoffer op 5 April 2013 in ‘n veld naby Proteahof op Delportshoop voorgekeer. Hy het haar aangerand en verkrag. 

Die verdagte was nie bekend aan die slagoffer nie. Snyers is op 6 April 2016 ná noukeurige ondersoek deur die Delportshoop-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) in hegtenis geneem. Hy is sewe jaar ná die oortreding in die hof skuldig bevind. 

Brig. Nicky Mills, die provinsiale hoof van gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings, het adjunk-sersant Aretha Claasen vir briljante werk geprys.

Adjunk-sersant Aretha Claasen