Justine Steenkamp, wat onlangs betrokke was by ‘n verneukspul by ‘n OTM in ‘n bekende inkopiesentrum, wil mense waarsku om paraat te wees.
“Ek het vandag geld gaan trek, terwyl ek met iemand ‘n video-oproep gemaak het. Ek het probeer om my kaart in die masjien te druk, maar dit was amper asof iets dit blokkeer. Toe kom ‘n man na my en vra of hy ‘n strokie daar gelos het. Ek het ‘nee’ geantwoord, maar hy het toe voor my by die OTM ingedruk en my kaart geneem om my te wys hoe om dit in die masjien te sit.
Toe verskyn die skerm waar mens die pin moet gee en toe verdwyn die man. Iemand het in die ry agter my gestaan en gesê ek moet net my pin insleutel. My suster op die telefoon het vir my gesê dat ek dit nie moet doen nie en moet loop. Ek het weggeloop en besef dat die ander man my kaart geneem het en dit toe onmiddellik laat blokkeer.”
‘n Verneukspul by OTM’ is algemeen. Moenie hulp by enigiemand aanvaar nie. Hou jou pin ‘n geheim. Wees paraat.



