Liggaam van vrou (48) in kanaal op Douglas gevind

Deel hierdie storie / Share this story

DOUGLAS – Die polisie ondersoek ’n saak nadat die liggaam van ’n 48-jarige vrou in ’n kanaal op Douglas gevind is.

Lt.-kol. Dimakatso Mooi sê die liggaam van die vrou is deur ’n verbyganger gekry en die polisie is ontbied.

Die oorsaak van die oorledene se dood moet nog met ’n nadoodse ondersoek vasgestel word. Die ondersoek duur voort.