SCHMIDTSDRIF – Die polisie ondersoek ’n saak nadat ’n 28-jarige man na bewering verdrink het toe hy ’n koedoe uit die Vaalrivier in die Schmidtsdrif-omgewing getrek het.
Lt.-kol Dimakatso Mooi sê die liggaam van die man is gisteraand deur die polisie se soek-en-reddingseenheid uit die rivier gehaal.
’n Dossier is geopen en ‘n nadoodse ondersoek word gedoen. Die ondersoek duur voort.



