Hofleêrs in veld word ondersoek

KIMBERLEY – Die meester van die hooggeregshof in Kimberley het ’n ondersoek begin nadat hoflêers in die veld naby die Gariep-hospitaal in El Toro Park, Kimberley gekry is.

FiND iT het Maandagoggend die toneel aan beamptes van die meesterskantoor uitgewys. 

Beamptes het by nadere ondersoek onder andere pos, wat aan die meesterskantoor geadresseer is, en leë hofleêrs, waarvan sommige na bewering vanaf die Kimberley-landdroshof aan die hooggeregshof bestem was, gevind.

Die ondersoek duur voort.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *